nuus

SKOOLKALENDER 2021
Welkom by ons nuwe webtuiste
Geagte Parkies,
Om aan te pas by die spesiale omstandighede rondom die coronavirus het ons besluit om 'n nuwe webtuiste te skep vir alle krieketspelers by Die Hoërskool Menlopark. Hierdie webtuiste gaan gebruik word om interaksie, inligting en kommunikasie te bevorder tussen afrigters, spelers en ouers. Ons het dus besluit om 'n maklik en gerieflike platform te skep wat uniek sal wees vir ons krieket.
Veranderinge aan die webtuiste sal deurgans geskied om dit te verbeter vir almal se gebruik. Programme, inligting, video en artikels sal opgedateer, gekorrigeer, bygevoeg en verwyder word soos nodig. Begin so spoedig moontlik om die tuiste te leer ken. Die man in beheer van die ontwerp en veranderinge aan die webtuiste is niemand anders as ons eie “Coach” Kevin van Rensburg nie. Ons bedank hom by voorbaat vir sy ongelooflike harde werk.

Menlo-Krieket
NASIONALE T20-WENNERS IN 2010!
NASIONALE T20-WENNERS IN 2015!
NOORD-SUID T20-WENNERS IN 2018!
Menlo spog tans met vier Proteas, naamlik:
Heinrich Klaasen,
Theunis de Bruyn,
Rassie van der Dussen
en Suné Luus!
AFRIGTING
Krieket by Die Hoërskool Menlopark het sedert sy stigting vele hoogtepunte bereik en ‘n standaard van uitnemendheid gevestig. ‘n Opwindende krieketkultuur, gebou op 'n fondasie van sterk waardes, dissipline en goeie krieketetiket word gehandhaaf. In die proses het ons krieket ‘n ongekende groei in getalle, gerugsteun deur moderne tegnologie en topafrigters, getoon.
Arno van Wyk, Petrus Coetzee (albei vlak 3-afrigters) en die span-afrigters rig tans 120 krieketspelers af. Die benadering is om elke kind te help ontwikkel en geleenthede te gee, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel. Verdere blootstelling sluit jaarlikse binne- en buitelandse toere vir alle junior- en seniorspanne in. Geleenthede word ook aan geselekteerde individuele spelers gebied om oorsee te speel.
TOERE EN ADDISIONELE BLOOTSTELLING
-
o. 14’s: Jaarlikse binnelandtoere en krieketfeeste.
-
o. 15’s: Jaarlikse toer na Kaapstad vir ons tradisionele bepalings teen Wynberg, Rondebosch, Paul Roos, Bishops, SACS en Paarl Boys’ High.
-
1ste XI: Jaarlikse deelname aan die Grahamstad-skole krieketfees.
-
Die akademie toer elke tweede jaar in Engeland.
-
Die Hoërskool Menlopark is betrokke by ‘n uitruilskema met klubs in Engeland en Ierland, wgraad 10 spelers die geleentheid kan kry om vir 3 maande in die winterperiode te gaan klubkrieket speel.
FASILITEITE
Volledig-toegerusde klubhuis asook binneshuise nette, ‘n besprekingslokaal/lesinglokaal, 8 sintetiese nette, 14 turfblaaie, spreiligte, elektroniese telbord en 'n oudiovisuele kamer.



