top of page

JUNIOR PARKIE-KRIEKETPROJEK 2024 

Die Hoërskool Menlopark nooi jou uit om deel te raak van ons Junior Parkie-krieketprojek vir o.9 tot o.13 laerskoolkrieketspelers. 

1. Besonderhede van die Junior Parkie-krieketprojek 

  • Die doel van die projek is om bykomende blootstelling aan laerskoolleerders te bied met  spesialisafrigting en wedstrydgeleenthede.  

  • Alle voornemende Menloparkers word uitgenooi om die volle omvang van die krieketkultuur by  Die Hoërskool Menlopark te ervaar deur deelname aan die Junior Parkie-projek. 

  • Alle belangstellende krieketspelers, wat daarna streef om voort te bou op hulle liefde, passie,  talent en kennis van die spel, is welkom om aan die program deel te neem.  

Ons deel graag die visie en missie van hierdie projek:  

2. Visie 

  • Blootstelling aan en voorbereiding vir o.9 tot o.13 krieket. 

  • Bekendstelling aan die Menlo-krieketlewe en -kultuur. 

  • Wedstrydblootstelling gedurende die jaar. 

  • Weeklikse oefenklinieke. 

  • Voorbereiding van o.11-spelers vir die oorgangsfase na o.12 en o.13 krieket.

  • Voorbereiding van o.13-spelers vir die oorgangsfase na hoërskoolkrieket. 

3. Missie  

  • Blootstelling aan wedstryde in die lang formaat.  

  • 156 g balle word deur o. 13’s aan die einde van die jaar gebruik. 

  • 135 g balle word deur o. 11’s aan die einde van die jaar gebruik. 

  • Leer van nuwe strategieë en formaatreëls. 

  • Middag-/aandwedstryde. 

  • Klinieke met oud-Parkies wat krieketsukses behaal het, provinsiale spelers en Proteas. 

  • Kenmekaar- en spanbougeleenthede. 

4. Algemene inligting  

  • Alle afrigtingsessies vind by Die Hoërskool Menlopark plaas. 

  • Wedstrydreëlings sal vroegtydig gekommunikeer word. 

  • Aansoek om deelname sal slegs gefinaliseer word na inhandiging van die inskrywingsvorm. 

  • Daar is slegs ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar.

  • Die Junior Parkie-Krieketprojek sal, sover moontlik, nie met die laerskole se krieketprogramme  bots nie.

  • Die Junior Parkie-Krieketprojek vind in die 2de en 4de kwartaal plaas.

  • Die Junior Parkie-Krieketprojek is nie ʼn plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Kontak gerus  vir mnr. Petrus Coetzee vir meer inligting oor individuele afrigting. 

5. 2024 Kalender

Die volgende aktiwiteite word vir 2024 beplan:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

6. Koste

Hier is ‘n opsomming van die Junior Parkie-Krieketprojek kostes vir 2024:

  • Registrasie en administrasie kostes:

2de en 4de kwartaal = R700 (geniet R400 afslag)

Alleenlik 2de kwartaal = R550

Alleenlik 4de kwartaal = R550

  • Wedstryde, balle, afrigters en klinieke:

2de en 4de kwartaal = R900

2de kwartaal = R450

4de kwartaal = R450

 

  • Klere (verpligtend vir nuwe kliënte) = R600

  • Kliënte van 2023 het die opsie om nuwe klere te bestel, maar is nie verpligtend nie

 

Samevatting:

 

Inskrywings 2024:

  • Beide 2de en 4de kwartaal(sonder klere) = R1600

  • Beide 2de en 4de kwartaal(met klere) = R2200

 

  • Alleenlik 2de kwartaal(sonder klere) = R1000

  • Alleenlik 2de kwartaal(klere ingesluit) = R1600

 

  • Alleenlik 4de kwartaal(sonder klere) = R1000

  • Alleenlik 4de kwartaal(klere ingesluit) = R1600

 

Bankbesonderhede 

• Rekeninghouer: Die Hoërskool Menlopark 

• Rekeningnommer: 149 712 4069 (tjekrekening) 

• Takkode: Nedbank (149745) 

• Verwysing: U seun/dogter se Voorletter en Van + JPKRIEKET bv. G PIENAAR  JPKRIEKET 

• Bewys van betaling: kevinvanrensburg@yahoo.com

Die volle-inskrywingsfooi sluit die volgende in: 

  • Jaarlikse registrasiefooi  

  • Oefen-/wedstrydhemp 

  • Oefen-/wedstrydpet 

  • Oefenbroek 

  • Alle afrigting 

  • Alle wedstryde

  • 2024-lidmaatskap tot die Menlo-krieketwebtuiste, www.menloparkkrieket.co.za

  • Spanbou-aktiwiteite 

Let wel: die Junior Parkie-Krieketprojek dien nie as plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Lede  van die Junior Parkie-Krieketprojek sal egter voorkeur geniet wanneer besprekings vir individuele  afrigting gemaak word. 

7. Inskrywingsvorm 

  • Voltooi asseblief die Google-vorm inskrywingsvorm volledig. 

  • Dui aan vir wat se kwartale die inskrywing is.

  • Dui ook aan of klere bestel gaan word.

  • Volg die skakel vir die inskrywing:

 

https://forms.gle/ZWgvozQsnERBvkDe7


Geen vorm, geen deelname. 

  • Alle o.13 spelers wat die 4de kwartaal deelneem, moet by Die Hoërskool Menlopark ingeskruif wees vir Gr8. Indien nie, sal die speler ongelukkig moet onttrek van die projek.

Ons sien daarna uit om die spelers binnekort op die veld te verwelkom. Maak seker u maak van hierdie  besonderse geleentheid gebruik om u seun/dogter se spel te verbeter. Navrae kan direk aan Kevin van Rensburg. Besoek gerus ons krieketwebtuiste by  www.menloparkkrieket.co.za. Ons hoor graag van u! 

Menlo-groete 

Arno van Wyk                                   Petrus Coetzee                                    Kevin van Rensburg 

Hoofbestuurder                                Hoofafrigter                                        Junior hoofkoördineerder 

083 469 9992                                   083 265 1488                                      076 127 3777

arno.vanwyk@menlopark.co.za      petrus.coetzee@menlopark.co.za     kevinvanrensburg@yahoo.com

Die Hoërskool Menlopark, Atterburyweg, Menlopark, Pretoria, 0081 

Tel:+27 (0) 12 361 7738, Faks:+27 (0) 12 348 6827, info@menlopark.co.za, www.menlopark.co.za 

Krieket kontakbesonderhede: petrus.coetzee@menlopark.co.za 

2024 Jpk Datums_edited.jpg
  • Facebook
  • YouTube
Instagram logo.jpg

© 2020 by Die Hoërskool Menlopark Krieket.

Met trots ontwerp deur

Kevin van Rensburg en Wix.com

besigheidsure

Ma-Vr: 06:00 tot 18:00

Sa: 07:00 tot 12:00

So: Gesluit

kontak ons

ADRES:

412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081

 

KRIEKET E-POS:

petrus.coetzee@menlopark.co.za

SKOOL WEBTUISTE:

http://www.menlopark.co.za/

bottom of page