JUNIOR PARKIE 2021

 

Die Hoërskool Menlopark kondig die bekendstelling van die nuwe Junior Parkie-krieketprojek vir laerskoolkrieketspelers met trots aan.

 

  1. Besonderhede van die Junior Parkie-krieketprojek

 

  • Die projek word in Januarie 2021 geloods.

  • Die doel van die projek is om bykomende blootstelling aan laerskoolleerders te bied deur spesialisafrigting en die speel van wedstryde. 

  • Alle voornemende Menloparkers word uitgenooi om die volle omvang van die krieketkultuur by Die Hoërskool Menlopark te ervaar deur deelname aan die Junior Parkie-projek.

  • Die uitnodiging is nie beperk tot toekomstige Menloparkers nie. Alle belangstellende krieketspelers, wat daarna streef om voort te bou op hulle liefde, passie, talent en kennis van die spel, is welkom om aan die program deel te neem. 

 

Ons deel graag die visie en missie van hierdie projek:  

 

  1. Visie

 

  • Blootstelling aan en voorbereiding vir hoërskoolkrieket.

  • Bekendstelling aan die Menlo-krieketlewe en -kultuur.

  • Wedstrydblootstelling gedurende die jaar.

  • Weeklikse oefenklinieke.

  • Voorbereiding van o. 11-spelers vir die oorgangsfase na o. 12-krieket, aangesien die o. 12’s met ʼn groter bal en op ʼn langer blad speel.

  • Voorbereiding van o. 13-spelers vir die oorgangsfase na hoërskoolkrieket.

 

  1. Missie

 

  • Blootstelling aan wedstryde in die lang formaat.

  • 156 g balle word deur o. 13’s aan die einde van die jaar gebruik.

  • 135 g balle word deur o. 11’s aan die einde van die jaar gebruik.

  • Leer van nuwe strategieë en formaatreëls.

  • Middag-/aandwedstryde.

  • Klinieke met oud-Parkies wat krieketsukses behaal het, provinsiale spelers en Proteas.

  • Kenmekaar- en spanbougeleenthede.

 

  1. Algemene inligting

 

  • Alle afrigtingsessies vind by Die Hoërskool Menlopark plaas.

  • Wedstrydreëlings sal vroegtydig gekommunikeer word.

  • Aansoek om deelname sal slegs gefinaliseer word na inhandiging van die inskrywingsvorm.

  • Daar is slegs ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar.

  • Die Junior Parkie-Krieketprojek sal, sover moontlik, nie met die laerskole se krieketprogramme bots nie.

  • Die Junior Parkie-Krieketprojek is nie ʼn plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Kontak gerus vir mnr. Petrus Coetzee vir meer inligting oor individuele afrigting.

 

  1. 2021 KALENDER

 

Die volgende aktiwiteite word vir 2021 beplan:

  • Finale bevestiging van alle beplande aktiwiteite sal teen Desember 2020 geskied.

  • Spelers moet vooraf laat weet indien hy/sy nie ʼn sessie/wedstryd kan bywoon nie.

  • ʼn Toer word vir die wintervakansie beplan. Besonderhede sal teen Januarie 2021 met alle belangstellendes bespreek word.

 

  1. Koste

 

Koste vir die Junior Parkie-Krieketprojek beloop R1 750 per kalenderjaar. Inskrywingsfooie, sowel as laatinskrywings, is as volg betaalbaar:

  • Inskrywings voor Januarie 2021 - R1 750 (Eenmalige bedrag)

  • Inskrywings na Februarie 2021 - R1 750 (Eenmalige bedrag)

  • Inskrywings na Julie 2021 - R1 250 (Eenmalige bedrag)

 

Die totale bedrag MOET voor of op Vrydag, 29 Januarie 2021, vereffen wees.

Die prys van R1 750 sluit die volgende in:

  • Jaarlikse registrasiefooi

  • Oefen-/wedstrydhemp

  • Oefen-/wedstrydpet

  • Oefenbroek

  • Alle afrigting

  • Alle wedstryde

  • 2021-lidmaatskap tot die Menlo-krieketwebtuiste

 

Let wel: die Junior Parkie-Krieketprojek dien nie as plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Lede van die Junior Parkie-Krieketprojek sal egter voorkeur geniet wanneer besprekings vir individuele afrigting gemaak word.

 

Bankbesonderhede       

  • Rekeninghouer: Die Hoërskool Menlopark

  • Rekeningnommer: 149 712 4069 (tjekrekening)

  • Takkode: Nedbank (149745)

  • Verwysing: U seun/dogter se Voorletter en Van + JPKRIEKET bv. G PIENAAR JPKRIEKET

  • Bewys van betaling: petrus.coetzee@menlopark.co.za

 

  1. Inskrywingsvorm

 

 

Ons sien daarna  uit om die spelers binnekort op die veld te verwelkom. Maak seker u maak van hierdie besonderse geleentheid gebruik om u seun/dogter se spel te verbeter. Navrae kan direk aan Petrus Coetzee of Arno van Wyk gerig word.  Besoek gerus ons krieketwebtuiste by www.menloparkkrieket.co.za. Ons hoor graag van u!

 

Menlo-groete

Adobe-01.png

Vir 'n rekenaar laai Adobe Reader hier af:

Vir jou foon kies die regte aanlyn winkel:

google.png
istore.png
  • Facebook
  • YouTube

© 2020 by Die Hoërskool Menlopark Krieket.

Met trots ontwerp deur

Kevin van Rensburg en Wix.com

besigheidsure

Ma-Vr: 06:00 tot 18:00

Sa: 07:00 tot 12:00

So: Gesluit

kontak ons

ADRES:

412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081

 

KRIEKET E-POS:

petrus.coetzee@menlopark.co.za

SKOOL WEBTUISTE:

http://www.menlopark.co.za/