
o.10 en o.11 JUNIOR PARKIE-KRIEKETPROJEK 2023
Die Hoërskool Menlopark nooi jou uit om deel te raak van ons o.10 en o.11 Junior Parkie-krieketprojek vir graad 4 en graad 5 laerskoolkrieketspelers.
1. Besonderhede van die o.10 en o.11 Junior Parkie-krieketprojek
• Die doel van die projek is om bykomende blootstelling aan laerskoolleerders te bied met spesialisafrigting en wedstrydgeleenthede.
• Alle krieketspelers word uitgenooi om die volle omvang van die krieketkultuur by Die Hoërskool Menlopark te ervaar deur deelname aan die o.10 en o.11 Junior Parkie-projek.
• Alle belangstellende krieketspelers, wat daarna streef om voort te bou op hulle liefde, passie, talent en kennis van die spel, is welkom om aan die program deel te neem.
Ons deel graag die visie en missie van hierdie projek:
2. Visie
• Blootstelling aan en voorbereiding vir o.10 en o.11 krieket.
• Bekendstelling aan die Menlo-krieketlewe en -kultuur.
• Wedstrydblootstelling gedurende die jaar.
• Weeklikse oefenklinieke.
• Voorbereiding van o.10 en o.11-spelers vir die oorgangsfase na o.12 en o.13 krieket.
3. Missie
• Blootstelling aan wedstryde in die kort en lang formaat.
• Klinieke wat fokus op spesifieke vaardighede.
• 135g balle word deur o. 11’s aan die einde van die jaar gebruik.
• 113g balle word deur o.10’s gebruik.
• Leer van nuwe strategieë en formaatreëls.
• Middag-/aandwedstryde.
• Klinieke met oud-Parkies wat krieketsukses behaal het, provinsiale spelers en Proteas.
• Kenmekaar- en spanbougeleenthede.
4. Algemene inligting
• Alle afrigtingsessies vind by Die Hoërskool Menlopark plaas.
• Wedstrydreëlings sal vroegtydig gekommunikeer word.
• Aansoek om deelname sal slegs gefinaliseer word na inhandiging van die inskrywingsvorm.
• Daar is slegs ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar.
• Die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek sal, sover moontlik, nie met die laerskole se krieketprogramme bots nie.
• Die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek vind in die 2de en 4de kwartaal plaas.
• Die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek is nie ʼn plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Kontak gerus vir mnr. Petrus Coetzee vir meer inligting oor individuele afrigting.
• Die groepe by die klinieke gaan 4 spelers per afrigter wees, sodat daar volle aandag gegee kan word aan die vaardighede wat op die dag geoefen word.
5. 2023 KALENDER
Die volgende aktiwiteite word vir 2023 beplan:
6. Koste
Koste vir die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek beloop R1 950 per kalenderjaar. Inskrywingsfooie, sowel as laatinskrywings, is as volg betaalbaar:
• Inskrywings vir die 2de en 4de kwartaal 2023 - R1 950 (Eenmalige bedrag)
• Inskrywings vir die 4de kwartaal 2023 - R1 550 (Eenmalige bedrag)
Inskrywings sluit die volgende in:
• Jaarlikse registrasiefooi
• Oefen-/wedstrydhemp
• Oefen-/wedstrydpet
• Oefenbroek
• Alle afrigting
• Alle wedstryde
• 2023-lidmaatskap tot die Menlo-krieketwebtuiste
Let wel: Die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek dien nie as plaasvervanger vir individuele afrigting nie. Lede van die o.10 en o.11 Junior Parkie-Krieketprojek sal egter voorkeur geniet wanneer besprekings vir individuele afrigting gemaak word.
Bankbesonderhede
• Rekeninghouer: Die Hoërskool Menlopark
• Rekeningnommer: 149 712 4069 (tjekrekening)
• Takkode: Nedbank (149745)
• Verwysing: U seun/dogter se Voorletter en Van + JPKRIEKET bv. G PIENAAR JPKRIEKET
• Bewys van betaling: petrus.coetzee@menlopark.co.za
7. Inskrywingsvorm
• Voltooi asseblief die aangehegte inskrywingsvorm volledig.
• Stuur die voltooide vorm aan petrus.coetzee@menlopark.co.za.
• Geen vorm; geen deelname.
Ons sien daarna uit om die spelers binnekort op die veld te verwelkom. Maak seker u maak van hierdie besonderse geleentheid gebruik om u seun/dogter se spel te verbeter. Navrae kan direk aan Petrus Coetzee of Arno van Wyk gerig word. Besoek gerus ons krieketwebtuiste by www.menloparkkrieket.co.za. Ons hoor graag van u!
Menlo-groete

besigheidsure
Ma-Vr: 06:00 tot 18:00
Sa: 07:00 tot 12:00
So: Gesluit
kontak ons
ADRES:
412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081
KRIEKET E-POS:
petrus.coetzee@menlopark.co.za
SKOOL WEBTUISTE: