top of page
Menlo skoolwapen.JPG

Gespesialiseerde afrigting, geleenthede en oNtwikkeling van die individuele krieketspeler

SPOGnuus

2023

2022

Facebook logo.jpg
Instagram logo.jpg

Kom geniet ons nuwe webtuiste saam met ons...

Baie geluk aan ons 1ste XI krieketspan wat bo aan die Finsbury krieket-kompetisie geëindig het vir 2023. Die 1ste XI span is dan gekroon as die kampioene by die Finsbury krieket-kompetisie.

Baie geluk aan ons o.15A krieketspan wat bo aan die Finsbury krieket-kompetisie geëindig het vir 2022. Die o.15A span is dan WEEREENS gekroon as die kampioene by die Finsbury krieket-kompetisie.

Opedag Klubhuis .jpg
Virtueletoer2021.jpg
Alumni.jpg

Heinrich klaasen slaan weer balle by sy tuiste...

Welkom by ons nuwe webtuiste

Geagte Parkies,

Om aan te pas by die spesiale omstandighede rondom die coronavirus het ons besluit om 'n nuwe webtuiste te skep vir alle krieketspelers by Die Hoërskool Menlopark. Hierdie webtuiste gaan gebruik word om interaksie, inligting en kommunikasie te bevorder tussen afrigters, spelers en ouers. Ons het dus besluit om 'n maklik en gerieflike platform te skep wat uniek sal wees vir ons krieket.

 

Veranderinge aan die webtuiste sal deurgans geskied om dit te verbeter vir almal se gebruik. Programme, inligting, video en artikels sal opgedateer, gekorrigeer, bygevoeg en verwyder word soos nodig. Begin so spoedig moontlik om die tuiste te leer ken. Die man in beheer van die ontwerp en veranderinge aan die webtuiste is niemand anders as ons eie “Coach” Kevin van Rensburg nie. Ons bedank hom by voorbaat vir sy ongelooflike harde werk.

AFRIGTING

Krieket by Die Hoërskool Menlopark het sedert sy stigting vele hoogtepunte bereik en ‘n standaard van uitnemendheid gevestig.  ‘n Opwindende krieketkultuur, gebou op 'n fondasie van sterk waardes, dissipline en goeie krieketetiket word gehandhaaf.  In die proses het ons krieket ‘n ongekende groei in getalle, gerugsteun deur moderne tegnologie en topafrigters, getoon.

Arno van Wyk, Petrus Coetzee (albei vlak 3-afrigters) en die span-afrigters rig tans 120 krieketspelers af. Die benadering is om elke kind te help ontwikkel en geleenthede te gee, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel.  Verdere blootstelling sluit jaarlikse binne- en buitelandse toere vir alle junior- en seniorspanne in.  Geleenthede word ook aan geselekteerde individuele spelers gebied om oorsee te speel.

TOERE EN ADDISIONELE BLOOTSTELLING

  • o. 14’s: Jaarlikse binnelandtoere asook die Shuan Pollock krieketfees in Durban.

  • o. 15’s: Jaarlikse toer na Kaapstad vir ons tradisionele bepalings teen Wynberg, Rondebosch, Paul Roos, Bishops, SACS en Paarl Boys’ High.

  • 1ste XI: Jaarlikse deelname aan die Grey PE krieketfees.

  • Die krieket toer weer vanjaar na Engeland toe met 4 spanne.

  • Die Hoërskool Menlopark is betrokke by ‘n uitruilskema met klubs in Engeland en Ierland, wgraad 10 spelers die geleentheid kan kry om vir 3 maande in die winterperiode te gaan klubkrieket speel.

FASILITEITE

Volledig-toegerusde klubhuis asook binneshuise nette, ‘n besprekingslokaal/lesinglokaal, 8 sintetiese nette, 14 turfblaaie, spreiligte, elektroniese telbord en 'n oudiovisuele kamer.

IMG-20210416-WA0024.jpg
IMG-20210416-WA0025.jpg
IMG-20210416-WA0023.jpg

Menlo-Krieket

NASIONALE T20-WENNERS IN 2010!

NASIONALE T20-WENNERS IN 2015!

NOORD-SUID T20-WENNERS IN 2018!

Menlo spog tans met vyf Proteas, naamlik: 

Heinrich Klaasen,

Theunis de Bruyn,

Rassie van der Dussen,

Jacques snyman

en Suné Luus!

IMG-20200213-WA0000.jpg
IMG-20200506-WA0056.jpg

FRANCHISE-SPELERS

Heinrich Klaasen (Titans)

Samuel Mofokeng (Titans en Knights)

Theunis de Bruyn (Titans en Knights)

 

Ernest Kemm (Titans)

 

Uwe Birkenstock (Cape Cobras)

 

Rassie van der Dussen (Lions)

 

Jacques Snyman (Knights)

 

Samuel Mofokeng, Regardt Verster, Dean Foxcroft en Christiaan Daniels is die afgelope paar jaar vir die Suid-Afrikaanse o/19-span gekies.

Menlo-krieket met trots geborg deur

  • Facebook
  • YouTube
Instagram logo.jpg

© 2020 by Die Hoërskool Menlopark Krieket.

Met trots ontwerp deur

Kevin van Rensburg en Wix.com

besigheidsure

Ma-Vr: 06:00 tot 18:00

Sa: 07:00 tot 12:00

So: Gesluit

kontak ons

ADRES:

412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081

 

KRIEKET E-POS:

petrus.coetzee@menlopark.co.za

SKOOL WEBTUISTE:

http://www.menlopark.co.za/

bottom of page