
kontak ons
PETRUS COETZEE

Petrus is ‘n KSA vlak-3 afrigter en is al byna 15 jaar betrokke by Die Hoërskool Menlopark. Hy is die hoofafrigter van die o. 15 A’s en spesialiseer veral in die afrigting van draaibalboulers. Sy nuutste sukses was die wen van die o. 15 A-liga in 2019 asook die o. 15 Finsbury-kompetisie in 2020. Sameroeper van die Titans o.17 spanne - 2025. Alle besprekings vir individuele afrigting kan direk by hom, per e-pos, gemaak word. Hy speel graag tromme en het ‘n passie vir Leeus-rugby.
E-pos: petrus.coetzee@menlopark.co.za
Selfoonnommer: 0832651488
alex van der merwe

Alex is ’n KSA Vlak-2 afrigter met 17 jaar se ervaring en is tans deel van Die Hoërskool Menlopark se krieketprogram waar hy dien as 1ste XI afrigter. Hy spesialiseer in kolf- en veldwerk, en bring ’n moderne, hoë-intensiteit benadering na sy afrigting. Alex was voorheen betrokke by die Dolphins Colts en Dolphins-provinsiale strukture asook ander professionele omgewings, en benut daardie ervaring om spelers se groei binne ’n hoë-prestasie omgewing te ondersteun. In sy vrye tyd geniet hy gholf, draf, lees, reis en ’n goeie uitdaging.
E-pos: alex.vandermerwe@menlopark.co.za
Selfoonnommer: 0614268392
Driaan Bruwer

Ek is Driaan Bruwer, 30 jaar oud, en bring 'n rykdom krieketondervinding na Die Hoërskool Menlopark, beide as 'n speler en 'n afrigter. As 'n speler het ek beduidende sukses behaal, insluitend die verteenwoordiging van SA o. 19 en die wen van 'n Wêreldbeker in 2014, die kapteinskap van Kovsies 1ste XI, en die verwerwing van Northerns Speler van die Jaar-toekennings. Ek het ook vir Vrystaat en Griekwas gespeel vanaf 2015 tot 2019. Ek is tans die 1ste krieketspan afrigter by Die Hoërskool Menlopark en is 'n gekwalifiseerde vlak 2 afrigter, met uitgebreide afrigterservaring op verskeie vlakke, insluitend provinsiale verteenwoordiging by die Titans. Titans o.16 afrigter - 2025.
E-pos: driaan.bruwer@menlopark.co.za
Selfoonnommer: 0832901130
KEVIN VAN RENSBURG

Kevin is ‘n KSA vlak-2 afrigter en voormalige Menloparker (2003). Hy is die hoofafrigter by die o.14’s en bestuur die krieket se juniorprogram (o.9 - o.13). Kevin het 20 jaar se ondervinding in die afrigting van junior en senior krieketspelers. Kevin was ook die hoofafrigter by die Titans o.12 span in 2012 en hoofafrigter by die Titans o.13 span in 2011. Kevin het ook twee jaar Premierliga in Engeland gespeel en ‘n jaar in Australië. Bergfiets-ry en draf is sy gunsteling stokperdjies.
E-pos: kevin.vanrensburg@menlopark.co.za
Selfoonnommer: 0761273777
Zian stoop

Zian is 'n voormalige Parkie. Hy het 3 seisoene premierliga krieket in Engeland gespeel, speel tans premierliga by CBCOB, spesialiseer in paaltjiewagters en kolwers. Stokperdjies behels draf, gholf en musiek.
Selfoonnommer: 0767355128
rohan van der walt

Voormalige Menloparker (2017) wat spesialiseer in kolf- en naatbowlwerk en is betrokke by die o. 15's en tweedespan. Rohan het ook 'n paar klubs krieket gespeel naamlik TUKS en PHSOB. Tennis en Kitaar speel in van sy stokperdjies
Selfoonnommer: 0836114424
PIETER DU PLESSIS

Pieter is vir die afgelope paar jaar deel van ons span. Hy is by ons o. 14’s, saam met Kevin. Hy is in beheer van talle van ons individuele kliënte en speel aktief nog krieket. Pieter is ‘n middelorderkolwer en kon ‘n paar jaar gelede aflewerings van vinniger as 130 km/h geboul het. Een van Pieter se stokperdjies is LMS T20-krieket.
Selfoonnommer: 0823129447
adriaan calitz

Adriaan is ‘n KSA vlak-1 afrigter en voormalige Parkie (2018).
Hy het in 2019 by die SSE-akademie aangesluit waar hy tot op datum in draaibalboulwerk spesialiseer. Adriaan speel die afgelope 7 jaar vir Pretoria High School Old Boys se eerstespan.
Hy bied talle ondervinding en kennis tot die Menlo-afrigtingspan.
Selfoonnommer: 0843622679
ruan van rooyen

Ruan is n KSA vlak 1 afrigter,hy is betrokke by ons O/15's en 2de span.
Ruan is as Titans Colts bouler van die jaar aangekondig vir die 2023/2024 seisoen.
In die 2024/2025 Colts seisoen het hy die meeste paaltjies in beide die 50 Over en 3-dag formaat gevat.
Hy speel graag gholf in sy aftyd.
Selfoonnommer: 0610952406
besigheidsure
Ma-Vr: 06:00 tot 18:00
Sa: 07:00 tot 12:00
So: Gesluit
kontak ons
ADRES:
412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081
KRIEKET E-POS:
petrus.coetzee@menlopark.co.za
SKOOL WEBTUISTE:
