top of page

ONS SPESIALISEER IN INDIVIDUELE AFRIGTING

Die Hoërskool Menlopark is al die afgelope 20 jaar die voorlopers in individuele krieketafrigting. Met ons top-gekwalifiseerde afrigters, uitstekende fasiliteite en moderne afrigtingsilabus, is Menlopark die eerste keuse vir talle krieketspelers.

 

Spelers soos Rassie van der Dussen, Heinrich Klaasen, Steve Stolk, Theunis de Bruyn, Dean Foxcroft, Suné Luus, Aiden Makram en Jacques Snyman het ook hul fynere kuns by Menlopark se individuele program geleer.

 

Hoe werk dit?

 

Ons spesialiseer in krieketafrigting vir ouderdomme 6 tot 19 jaar. Menlo-krieket volg kwartaalliks ‘n gestruktureerde program geskoei op moderne afrigtingstegnieke asook ‘n variasie van nuwe innovasie in die krieketveld. Alle sessies moet kwartaalliks her-bespreek word. Afrigting sal van Maandae tot Vrydae plaasvind, 13:00 tot 19:00. Daar is ook soggens sessies beskikbaar tussen 6:00 en 7:30. Neem asseblief kennis dat die besprekings vir 12 sessies, opeenvolgend vir drie maande bespreek moet word. Daar moet dus elke maand 4 sessies voltooi word.

 

Tariewe:

 

Halfuur-sessies:  R600 per maand (4 sessies)

Uur-sessies: R1200 per maand (4 sessies)

 

Besprekings:

 

Nuwe kliënte: Bespreek by Petrus Coetzee (petrus.coetzee@menlopark.co.za). 

Bestaande kliënte: Bespreek direk by u afrigters. 

Belangrik: Spelers moet 12 sessies per kwartaal voltooi.

 

 

MOENIE WAG NIE!

KONTAK ONS NOU OM JOU PLEK TE VERSEKER.

Vul asseblief saam met jou ouers die onderstaande PDF dokument in wat ons beskiKbaar gemaak het om af te laai. Jy sal Adobe Reader nodig hê en dit kan gratis afgelaai word aanlyn en ons het alle nodige skakels voorsien hier onder.

Laai u inskrywingsvorm hier af

20251105_133858.jpg
20250806_173848_edited_edited.jpg
  • Facebook
Instagram logo.jpg

© 2020 by Die Hoërskool Menlopark Krieket.

Met trots ontwerp deur

Kevin van Rensburg en Wix.com

besigheidsure

Ma-Vr: 06:00 tot 18:00

Sa: 07:00 tot 12:00

So: Gesluit

kontak ons

ADRES:

412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081

 

KRIEKET E-POS:

petrus.coetzee@menlopark.co.za

SKOOL WEBTUISTE:

http://www.menlopark.co.za/

bottom of page