
ONS SPESIALISEER IN INDIVIDUELE AFRIGTING
Die Hoërskool Menlopark is al die afgelope 15 jaar die voorlopers in individuele krieketafrigting. Met ons top-gekwalifiseerde afrigters, uitstekende fasiliteite en moderne afrigtingsilabus, is Menlopark die eerste keuse vir talle krieketspelers.
Spelers soos Steve Stolk, Rassie van der Dussen, Heinrich Klaasen, Theunis de Bruyn en Aiden Makram het ook hul fynere kuns by Menlopark se individuele program geleer.
Hoe werk dit?
Ons spesialiseer in krieketafrigting vir ouderdomme 6 tot 19 jaar. Menlo-krieket volg kwartaalliks ‘n gestruktureerde program geskoei op moderne afrigtingstegnieke asook ‘n variasie van nuwe innovasie in die krieketveld. Alle sessies moet kwartaalliks herbespreek word. Afrigting sal van Maandae tot Vrydae plaasvind, 13:00 tot 19:00. Daar is ook soggens sessies beskikbaar tussen 6:00 en 7:30. Neem asseblief kennis dat die besprekings vir 12 sessies, opeenvolgend vir drie maande bespreek moet word. Daar moet dus elke maand vier sessies voltooi word.
Tariewe:
Halfuursessies: R600 per maand (vier sessies)
Uursessies: R1200 per maand (vier sessies)
Besprekings:
Nuwe kliënte: Bespreek by Petrus Coetzee (petrus.coetzee@menlopark.co.za).
Bestaande kliënte: Bespreek direk by die afrigters.
Belangrik: Spelers moet vir 12 sessies per kwartaal.
MOENIE WAG NIE!
KONTAK ONS NOU OM JOU PLEK TE VERSEKER.
Vul asseblief saam met jou ouers die onderstaande PDF dokument in wat ons beskiKbaar gemaak het om af te laai. Jy sal Adobe Reader nodig hê en dit kan gratis afgelaai word aanlyn en ons het alle nodige skakels voorsien hier onder.
Laai u inskrywingsvorm hier af


besigheidsure
Ma-Vr: 06:00 tot 18:00
Sa: 07:00 tot 12:00
So: Gesluit
kontak ons
ADRES:
412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081
KRIEKET E-POS:
petrus.coetzee@menlopark.co.za
SKOOL WEBTUISTE:
